Suid-Afrikaanse regulasies vereis dat belangstellende en geaffekteerde partye kontakinligting voorsien as deel van regulatoriese prosesse wat onderneem word, bv. die Nasionale Wet op Landvervoer, Wet 5 van 2009, die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, Wet 2 van 2000, die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid, Wet 3 van 2000, en so meer. Ingevolge Voorwaarde 6, regulasie 17–18 van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, Wet 4 van 2013, moet die Vervoerowerheid vir Gauteng (TAG) die rede vir die inwinning van persoonlike kontakinligting van diegene wat vergaderings bywoon, bekend maak en aandui vir welke doel belangrike rolspelers se persoonlike inligting gebruik sal word.
In die geval van die projek, win die TAG strategiese belangrike rolspelers se persoonlike kontakinligting in om die Strategiese Vervoerplan (STP) vir die Gautengprovinsie en die Geïntegreerde Implementeringsplan (IIP) daarvan te ontwikkel en op te stel sodat hulle kan saamwerk en aan die projek kan deelneem.
Derhalwe sal die TAG strategiese belangrike rolspelers se persoonlike kontakinligting gebruik om die projek se mylpale aan hulle te kommunikeer, hulle te nooi om insette te lewer, asook om bewyse van die proses te lewer, bv. ondertekende bywoningsregisters van vergaderings wat bywoners se persoonlike kontakbesonderhede bevat, asook kommentaar wat deur belangrike rolspelers deur die Gautengse LUR vir Vervoer en Paaie en Vervoer is.
Die ondertekende verklaar dat die persoonlike kontakinligting by wyse van vrywillige instemming verleen word.
Vrywaring: Die TAG sal die vertroulikheid van strategiese belangrike rolspelers se persoonlike kontakinligting, waar moontlik, handhaaf. Die TAG neem nie verantwoordelikheid vir persoonlike kontakinligting wat strategiese belangrike rolspelers voorsien wat die reguleerder dalk aan derde partye bekendmaak nie.