Comment Form Afrikaans ITMP25

Comment Form Afrikaans ITMP25

OORSIG, OPSTEL EN BYWERKING VAN DIE 25-JAAR GEÏNTEGREERDE MEESTERPLAN VIR VERVOER VIR DIE GAUTENG PROVINSIE

KOMMENTAARVORM

INSTEMMING OM PERSOONLIKE KONTAKINLIGTING TE DEEL


Suid-Afrikaanse regulasies vereis dat belangstellende en geaffekteerde partye kontakinligting voorsien as deel van regulatoriese prosesse wat onderneem word, bv. die Nasionale Wet op Landvervoer, Wet 5 van 2009, die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, Wet 2 van 2000, die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid, Wet 3 van 2000, en so meer. Ingevolge Voorwaarde 6, regulasie 17–18 van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, Wet 4 van 2013, moet die Vervoerowerheid vir Gauteng (TAG) die rede vir die inwinning van persoonlike kontakinligting van diegene wat vergaderings bywoon, bekend maak en aandui vir welke doel belangrike rolspelers se persoonlike inligting gebruik sal word.

In die geval van die projek, win die TAG rolspelers se persoonlike kontakinligting in vir die oorsig, opstel en bywerking van die Gautengse Geïntegreerde Meesterplan vir Vervoer vir die volgende 25 jaar (ITMP25).

Derhalwe sal die TAG belangrike rolspelers se persoonlike kontakinligting gebruik om die projek se mylpale aan hulle te kommunikeer, hulle te nooi om insette te lewer, asook om bewyse van die proses te lewer, bv. ondertekende bywoningsregisters van vergaderings wat bywoners se persoonlike kontakbesonderhede bevat, asook kommentaar wat deur belangrike rolspelers deur die Gautengse LUR vir Vervoer en Logistiek ontvang is.

Die ondertekende verklaar dat die persoonlike kontakinligting by wyse van vrywillige instemming verleen word.

Vrywaring: Die TAG sal die vertroulikheid van belangrike rolspelers se persoonlike kontakinligting, waar moontlik, handhaaf. Die TAG neem nie verantwoordelikheid vir persoonlike kontakinligting wat belangrike rolspelers voorsien wat die reguleerder dalk aan derde partye bekendmaak nie.

PERSONAL CONTACT INFORMATION

Ek stem saam dat ek die benodigde persoonlike kontakinligting soos hier-bo uiteengesit is, vrywillig voorsien.
error: Content is protected !!